Mense wat voltydse versorging voorsien aan geliefdes sukkel dikwels  met depressie. Studies toon dat die helfde van alle volwasse versorgers tekens van depressie toon.

Indien u ‘n voltydse versorger van ‘n geliefde is, moet nie versoek word om u eie behoeftes eenkant te skuif nie.  Onthou, u is omtrent die belangrikste persoon in die proses!  Indien u uself toelaat om ”uit te brand”,  hoe sal u vir u geliefde kan sorg?  U mag selfs vind dat dit moeilik is om na uself om te sien.

Konstante versorging van iemand kan die oorsaak wees van hoë stres vlakke en dus stel ons voor dat u dit oorweeg om sekere van die volgende voorstelle te implementeer en sodoende uself te help om fisies, verstandelik en emosioneel goed gebalanseerd te bly.

  • Monitor u fisiese gesondheid. Onvoldoende slaap gepaardgaande met hoë stresvlakke kan maklik ‘n tol op u gesondheid eis. Indien u ontdek dat u fisies of verstandelik swakker word, maak ‘n afspraak om u dokter te sien.
  • Sit ‘n paar uur per week opsy vir uself en doen iets buite die huis. Miskien kan u reël om met vriende uit te gaan vir koffie of vir middagete?  Om inkopies te gaan doen vir uself of om slegs te gaan stap op u eie of met ‘n vriend/in, kan baie verfrissend wees.
  • Bly in kontak met ander. Dit is belangrik om nie toe te laat dat u ge-isoleerd van vriende en familie raak nie.
  • Indien u agterkom dat u oorweldig en oorlaai voel, skakel ‘n vriend/in of n berader op wie u kan vertrou en deel met hul oor hoe u voel en wat u in u rol as versorger ervaar.

Oorweeg dit om by ‘n ondersteuningsgroep vir versorgers in u omgewing aan te sluit  Dit sal u bemoedig en help om te ontspan as u met ander mense kan verkeer wat hulself in ‘n soortgelyke situasie bevind.