Dit is dikwels nie maklik om te weet wanneer die ouer word proses ‘n familielid affekteer nie.  Klein dingetjies kan vinnig na ‘n groter uitdaging lei indien waarskuwingstekens ge-ignoreer word.  Let op na:

  • Veranderings in u geliefde se verhoudings met familie en vriende.
  • Onttrekking van sosiale situasies en interaksies.
  • Ongewone gedrag, byvoorbeeld, ‘n toename in ongemak of om te hard te praat of glad nie te praat nie.
  • Verwaarlosing van persoonlike versorging soos higiëne, of om nie gereeld te eet nie.
  • Tekens van vergeetagtigheid. Tekens daarvan mag wees dat klere nie gewas word nie, gebrande of vuil skottelgoed, of  hopies onoopgemaakte pos.
  • Finansiële wanbestuur soos onbetaalde rekeninge of ongewone aankope.

Indien u sekere van hierdie veranderings in u geliefde begin agterkom, mag dit tyd wees om hulp van buite te soek.