Ons Bejaarde Sorg Dienste

Ons bied 'n verskeidenheid van nie-mediese sorg dienste aan om by u behoeftes te pas.

Wat bied ons aan?

Deur die uitstrek van ‘n helpende hand wil Dewcare Nie-Mediese Sorg Dienste vir suidafrikaanse bejaarde sorg vir u (of u geliefde) ondersteun om dit vir u moontlik te maak om aan te hou woon in u eie huis vir solank as wat u kan. Ons bied vier basiese pakkette aan – Brons, Silwer, Goud en Platinum.  Elke pakket sluit in ‘n sekere getal “Pop-Ins” sowel as een Sleutel Diens van u keuse. Dit laat u toe om ‘n Pakket saam te stel om by u individuele behoeftes te pas. ‘n Verskeidenheid van Addisionele Dienste is ook beskikbaar teen ekstra koste.

Elke pakket maak voorsiening vir n aantal  “pop-in” besoeke, plus een Sleutel Diens.

Hoe Dit Werk

cog-1

KIES ‘N PAKKET

Dewcare bied 4 basiese pakkette aan, Brons, Silwer, Goud en Platinum. Ons “Pop-in” diens vorm deel van elke basies pakket.  Kies u pakket volgens die hoeveelheid “pop-ins” wat u verlang.

KIES ‘N SLEUTEL DIENS

Dewcare Sleutel Dienste vorm deel van elke basiese pakket.  Kies ‘n Sleutel Diens vanuit die opsie van vyf dienste wat aangepas is om u behoeftes te bevredig.

KIES  ADDISIONELE  DIENSTE

Kies vanuit ‘n verskeidenheid Dewcare Addisionele Dienste om te verseker dat al u behoeftes bevredig word.

Enige Vrae?

Kontak ons vir meer inligting omtrent ons dienste.

cog-1

Stap 1: Kies ‘n Pakket

Ons”Pop-in” dienste vorm deel van elke basiese pakket.

Kies die Brons, Silwer, Goud of Platinum plan afhangende van u behoefte.

Ons “Pop-in” diens het alles te doen met ‘n vriendelike ogie hou, om seker te maak dat alles reg is, asook om kwaliteit tyd saam te spandeer.  Dit mag die volgende insluit:

Om saam te gaan stap in die omgewing

Die uithaal en sortering van pos

Legkaart bou

Versorging van huis plante

Kontroleer dat kliënt medikasie geneem het

Hulp met die skryf van ‘n brief/korrespondensie

Lekker kuiertjie om n koppie tee/koffie

Saam te luister na 'n ''audio'' boek, of saam 'n boek te lees

Monitor van huis veiligheid

Skil en sny van groente/vrugte

Speel van bordspeletjies

Gesels oor vergange se dae

Uitneem van huis rommel

Netjies maak van kombuis en badkamer

Saam fliek kyk

Stap 2: Ons Sleutel Dienste

Behalwe vir die “Pop-in”, maak EEN Sleutel Diens deel uit van elke basiese pakket.  U kan kies vanuit:

Kruideniers Inkopies

Weeklikse aankoop van kruideniersware.  Ons Dewcare versorger kan  vanaf die kliënt se inkopielys  inkopies doen, of  die kliënt kan saamgeneem word as hy/sy slegs ‘n helpende hand met die inkopies benodig.  Indien versoek, sal die Dewcare versorger met graagte die kruideniersware uitpak en wegpak.

Vars Gekookte Maaltye

Vars gekookte maaltyd wat twee keer per week – slegs Maandae tot Vrydae afgelewer word.

Tuin Dienste

Maandelikse tuin instandhoudingsdiens deur middel van grassny, onkruid uithaal en verwydering van tuinvullis.

Hande & Voete

Maandelikse (“Manicure” OF “Pedicure”).

Huishulp Diens

Maandelikse ligte huishulp diens wat die volgende insluit:  stofsuig, afstof, vee en was van vloere, skoon maak van badkamers (wasbakke, baddens, stort en toilette), skoon maak van kombuis (wasbakke, oppervlaktes) en uitneem van huis rommel.

Stap 3: Ons Addisionele Dienste

Dienste  addisioneel tot ons basiese pakkette is teen ekstra koste beskikbaar.  Pryse is op versoek beskikbaar.

Vervoer Na Afspraak

Vervoer na en van die dokter, apteker, tandarts, hospital, kliniek, of ander mediese instelling (huidiglik binne die Hermanus area).

Ons Dewcare Versorgers het PDP lisensies. (Public Driving Permit)

Aflewering van Etes

Vars gekookte maaltye smiddae of saans vanaf Maandae tot Vrydae by u huis afgelewer.

Klere Was

Die weeklikse was, droogmaak en stryk van klere wat vanaf die huis opgetel en afgelewer word.

Liggamsversorging

Bederf u hande en voete met ‘n “Manicure” of “Pedicure.  Massering en “Facial” ook op aanvraag beskikbaar.

Huishulp Diens

Stofsuig, afstof, uitvee en was van vloere, skoonmaak van badkamers (wasbakke, baddens, storte en toilette), skoonmaak van kombuis (wasbakke, oppervlaktes), uitneem van huisrommel, netjies maak van alle kamers en was aan die binnekant van enige vensters wat sonder ‘n  leer bereik kan word.  Pryse hang af van die grootte van die huis.

Tuin Diens

Basiese tuindiens wat die sny van gras, snoei van struike en heinings, onkruid uittrek en verwydering van tuinrommel insluit. Pryse hang af van die grootte van die tuin.

Sorgverligting

‘n Dewcare Versorger kan dit vir voltydse familie versorgers moontlik maak om ‘n  welverdiende rus te neem van hul verantwoordelikheid rondom die versorging van hul geliefde.  Hierdie sorgverligting bied  1-2 ure ruskans aan voltydse familie versorgers. Die doel daarvan is om vir hulle die kans te gee om hulself te verfris en te hernu, sodat hulle met nuwe entoesiasme hul versorgingstaak kan voortsit.  Skakel ons asseblief vir meer inligting.

Vervoer Diens

Kaapstad Internasionale Lughawe:

Optel by die huis en aflaai by “Drop & Go” vir  maksimum van 4 mense met ligte bagasie.

(Hulp met bagasie en inboek dienste is beskikbaar teen ekstra koste)

VERVOER  NA  ANDER  BESTEMMINGS: kwotasies vir enkel en retoer vervoer is op navraag beskikbaar.

Ons Dewcare Versorgers het PDP Lisensies. (Publc Driving Permit)