Mense kan sosiaal ge-isoleerd word vir ‘n verskeidenhed van redes soos om ouer en swakker te word, nie meer die middelpunt van die gesin te wees nie, verlating van werksplek, ongeskik of siek te word, of as gevolg van die dood van ‘n eggenoot en vriende.

Wat ookal die oorsaak, is dit skokkend hoe maklik dit is om eensaam en kwesbaar te voel, wat kan lei tot depressie en ‘n ernstige afname in fisiese gesonheid en welstand. Ouer mense is veral kwesbaar vir eensaamheid en sosiale isolasie.  Duisende bejaarde mense is eensaam en afgesny van die gemeenskap, veral die wat ouer is as 75, en baie sê dat die televisie hul hoofbron van geselskap is.

Iemand wat eensaam is, vind dit ook heelwaarskynlik moeilik om uit te reik.  Daar is ‘n stigma wat kleef aan eensaamheid en ouer mense vind dit juis moeilik om te vra vir hulp.

Maar daar is maniere om eensaamheid te oorkom, al woon u alleen en  dit moeilik vind om uit te gaan! Hier is maniere vir ouer mense om met ander mense kontak te maak en om weer nuttig en gewaardeerd te voel.   

Glimlag, al voel dit moeilik

Gruip elke kans aan om vir ander mense te glimlag of met ‘n gesprek te begin – byvoorbeeld met die kassiere by die winkel of die persoon langs u in die dokter se wagkamer.  As u skaam is of nie seker is wat om te sê nie, probeer om mense omtrent hulself uit te vra.

Nooi vriende vir tee

As u neerslagtig en alleen voel, is dit soms ‘n versoeking om te dink dat niemand u wil besoek nie. Maar dikwels sal vriende, familie en bure dit waardeer om ‘n uitnodiging te ontvang en om tyd met u deur te bring.

Hou kontak deur middel van die foon

Om met ‘n vriend of familielid oor die foon te gesels kan die volgende beste manier wees indien u nie persoonlik by hul kan wees nie.

Leer om van rekenaars te hou

Indien u vriende en familie ver weg woon, is die gebruik van ‘n persoonlike rekenaar of tablet (hand rekenaar) ‘n goeie manier om in kontak te bly, veral met kleinkinders.  U kan eposse en fotos met familie en vriende deel, gratis video gesprekke voer deur die gebruik van dienste soos Skype, Face Time of Viber en sodoende nuwe “vriende” maak of weer bande optel met ou vriende met sosiale media webtuistes soos Facebook of Twitter en webtuiste forums.

‘n Handrekenaar kan veral nuttig wees indien u nie baie mobiel is nie. U kan daarmee op u skoot sit, dit naby aan u hou en die skerm is ook duidelik en helder.  ‘n “Stylus” pen met ‘n spons op die punt of “speech recognition” mag help as die vingers weens swak sirkulasie of artritis nie die “touchscreen” kan bemeester nie.

Blogging (as ‘n Blogger of iemand wat kommentaar lewer), kan ook ‘n  perfekte tydverdryf vir bejaardes wees. Die is ‘n uitstekende intellektuele oefening wat help om die breinselle en verstand aktief te hou. Wat egter van belang is, is dat dit u ook sosiaal aktief hou.

Raak betrokke by plaaslike gemeenskapsaktiwiteite

Hierdie aktiwiteite sal verskil afhangende van waar u woon, maar die kanse is goed dat u toegang tot ‘n sang- of stapgroep, boekklubs, brug, bingo, vasvrawedstryde en geloofsgroepe sal hê.

Vul u dagboek

Om die week vooruit te beplan en in jou dagboek aan te teken, kan u help om minder eensaam te voel en om uit te sien na elke dag, soos ‘n uitstappie na die park, koffie te gaan drink, na die biblioteek, sportssentrum, fliek of museum toe te gaan.

Verleen hulp aan andere

Gebruik die kennis en ervaring wat u oor ‘n leeftyd opgedoen het om weer iets aan u gemeenskap terug te gee.  U sal baie terug ontvang, soos nuwe vaardighede en selfvertroue en, hopelik, nuwe vriende ook.  Daar is baie geleenthede vir vrywillige werk waar die kwaliteite en vaardighede van ouer mense geniet word – soos geduld, ervaring en kalmte. Hoekom oorweeg u dit nie om as ‘n vrywilliger by Dewcare Nie-Mediese Sorg Dienste aan te sluit nie !!