Dewcare - Elderly care South Africa Hermanus

Omtrend Dewcare – Bejaardesorg Dienste Suid-Afrika

Ons is Familie

Ons streef daarna om u te behandel en te respekteer soos ons familie

Ons is Vriende

Ons wil graag na u luister, saam met u lag, selfs saam met u huil – u is nie alleen!

Ons is Versorgers

Ons doel is om die beste ervaring moontlik te bied

Waarom het ons met Dewcare begin? – Bejaardesorg Suid-Afrika

Ons, as stigterslede, – Mandie –  het besef dat baie van ons ouer mense in Suid-Afrika dit moeilik vind om in hul eie huise te bly woon soos hulle ouer word en hulp benodig deur middel van bejaardesorg dienste. Alhoewel baie van hulle ondersteunende familielede, vriende en bure het (waarvan almal die eise van hul eie besige lewens moet nakom) het die plek vir ‘n addisionele, gereelde en betroubare bejaarde sorg diens wat in die nie-mediese behoeftes van ons tuis gebaseerde seniors kan voorsien, duidelik  geword. So is Dewcare nie-mediese sorg Dienste vir bejaardesorg in Suid-Afrika gebore!

Dewcare nie-mediese sorg Dienste vir seniorsorg in Hermanus, Suid-Afrika, fokus daarop om aan beide die persoon wat ekstra hulp benodig, asook aan sy geliefdes gemoedsrus te voorsien. Die doelwit van ons mens-gesentreerde diens is om die fisiese, emosionele en geestelike ondersteuning wat almal verdien, te bied. Wat ookal u behoeftes mag wees, om ‘n liefdevolle en vriendelike persoon wat vir jou omgee aan jou sy te hê, kan al die verskil in die wêreld maak.

Dewcare - Non Medical Care Services

Sluit aan by ons span - Word 'n versorger of vrywilliger!

Dewcare nie-mediese sorg Dienste is altyd op soek na toegewyde en passievolle mans en vrouens wat besorgd is oor ons kliënte. Ons Dewcare versorgers kom uit baie verskillende vlakke van die lewe, maar hulle almal kom met ‘n liefdevolle hart en met ‘n gewilligheid en begeerte om ander te help. Verder, as u graag vrywillige diens wil lewer en kan vriendskap of ‘n spesifieke diens aanbied, kontak ons asseblief om vas te stel of u sou kwalifiseer om ‘n Dewcare Vrywilliger te word. Ons verwelkom beslis aktiewe seniors omdat ons weet dat seniors dikwels wysheid, warmte en begrip besit, wat uit jare se ondervinding voortspruit.