Benodig u Bejaarde Sorg dienste vir u geliefde in Hermanus?

Ons is daar wanneer jy nie daar kan wees nie! Dewcare bied kliënte ‘n nie-mediese Senior ondersteuningsdiens in hul eie huis aan en gee hul kinders die gemoedsrus dat Ma en Pa in goeie hande is!

Die Versekering Van Gehalte Suid-Afrikaanse Senior Sorg!

Om ouer te word kan ‘n uitdaging wees – maar dis nie nodig om dit alleen te hanteer nie. Dewcare is hier vir vriendskap en vir die ondersteuning van die alledaagse lewe vir die bejaarde in Hermanus

Suid-Afrikaans en Oorsee? Benodig u Bejaardesorg dienste vir u Senior Ouers?

As u bejaarde ouers in Hermanus, Suid-Afrika woon, is Dewcare die oplossing! Ons werk saam met u om nie-mediese sorg dienste vir die bejaarde te voorsien wat lewenskwaliteit asook
gemoedsrus bied vir Suid Afrikaners.

Dewcare Nie Mediese Sorg Dienste – Suid-Afrikaanse Bejaarde Sorg

Welkom by Dewcare! – Bejaarde Sorg Diens, Hermanus, Suid-Afrika

Om ‘n bejaarde persoon ouer te laat word in hul eie woning is wat almal graag sou wou hê. Dit kan egter onsekerheid meebring by familie lede wat nie gereeld by hul geliefdes kan wees nie. Dewcare nie- mediese Sorg Diens verseker grotendeels dat seniors vir so lank as moontlik hul onafhanklikheid behou, sodat familielede kan ontspan met die wete dat hul geliefdes persoonlike en betroubare sorg ontvang. Dewcare Nie-Mediese Sorg Dienste bied nie-mediese bejaarde en Senior sorg dienste aan diegene wat dit benodig deur te help met aktiwiteite rondom hul daaglikse lewe – soos daaglikse “Pop-ins”, inkopies, voorsiening van maaltye, wasgoed doen of vervoer – sowel as vriendelike geselskap. Dit stel ons kliente in staat om so ver moontlik ‘n vol lewe te lei binne die gerief van hul eie woning  – en alles teen ‘n bekostigbare prys! Dewcare nie-mediese Sorg Dienste maak voorsiening vir vier verskillende Sorg Pakkette vir bejaardesorg in hul eie woning. Elke pakket kan aangepas word om die individu se behoeftes te bevredig deur te kies van ‘n verskeidenheid Sleutel Dienste. ‘n Verskeidenheid van  addisionele dienste is ook beskikbaar teen ekstra koste.

Pop-In Dienste

Ons “pop-in” diens het alles te doen met ‘n vriendelike inloer om seker te maak dat alles reg is asook om kwaliteit tyd saam te spandeer.

Inkopies

Kruideniersware inkopies. Ons Dewcare-versorger kan inkopies gaan doen vanaf ‘n lys wat deur die kliënt verskaf word, of die kliënt  vergesel indien hy/sy slegs ‘n helpende hand nodig het om hul eie inkopies te doen.

Vars Gekookte Etes

Aflewering van ‘n vars gekookte maaltyd

Tuin Instandhouding

Tuininstandhoudingsdiens wat sny van grasperk, ligte skoffel en verwydering van tuinvullis insluit.

Huishouding

‘n Ligte huishulpdiens wat die volgende insluit:  stofsuig, afstof, uitvee en was van vloere, skoonmaak van badkamers (wasbakke, baddens, storte en toilette), skoonmaak van kombuis (wasbakke, oppervlaktes) en die uitneem van huisrommel.

Vervoer

Vervoer na en van die dokter, apteker, tandarts, hospitaal, kliniek of ander mediese instelling. Vervoer na Kaapstad Internasionale Lughawe en ander bestemmings.

Liggaam Sorg

Bederf u hande & voete met ‘n “Manicure” of “Pedicure”. Massering en “Facials” is ook op aanvraag beskikbaar.

Wasgoed Diens

Optel, was, droog, stryk en die aflewering van wasgoed een keer per week.

Aflos Sorg

‘n Dewcare Versorger kan dit vir voltydse familie versorgers moontlik maak om ‘n welverdiende rus te neem van hul versorgings verantwoordelikheid rondom hul geliefde.

Dewcare - Non Medical Care Services

Woon u ver van u Geliefde?

Of u Oorsee woon of in ‘n ander provinsie woon, of die hele dag by die werk is, help dit om te weet dat u geliefde in die Hermanus gebied iemand naby het wat daar kan wees vir hulle.

Ons werk in die Overberg, Wes-Kaap Hermanus, Vermont, Onrus en omgewing.